Sjoe, Saterdag was VREESLIK lekker! PDF Print E-mail

Hallo Julle

 

Sjoe, Saterdag was VREESLIK lekker! Daar was so paar tye waar ek gewonder het hoe ons deur alles gaan kom, maar Elmarie was “great”!

 

EK IS DAAR UIT!!! WHOOO OOOOO.....was heel in my noppies om die opdraande wegtrek reg te kry....ek het sommer vir manlief dadelik SMS gestuur! Sjoe!

O, en moenie die “shakes” vergeet na die tyd nie! Pure opgewondenheid.

 

Die padtoestande was nogals ‘n uitdaging met die superbike, maar ons het dit gemaak. Die bergpas ook, maar dit was opwindend en “fun”!

Die draaie-baan (ek sal hom maar so noem) was ook heerlik en ek het die skouer-elmboog-sak raad gevolg en dit werk wonderlik!

Natuurlik was die oval die hoogtepunt....want ons kon...uhm....gatskuur sonder bekommernisse. :-> Ai, maar dit is darem lekker as mens partykeer die manne kan wegry! ;)

 

Baie dankie dat julle so kursus daar gestel het vir mense wat meer vertroud wil raak met hulle motorfietse en ook vir mense soos ek....wat vrek bang was vir die opdraande wegtrek...om meer selfvertroue te kry! Elmarie en André (...die ouer omie wat besig is om te leer vir instrukteur... :) ) was BAIE behulpsaam en het BAIE goeie raad gegee. Hulle het die wêreld se geduld en het almal baie mooi gehelp. Stuur asseblief ‘n ekstra groot dankie aan Elmarie.

 

Die groep was aangenaam en almal het so paar lekker laggies ingekry.

 

Om op te som.....BAIE DANKIE....ons het dit VREESLIK BAIE geniet.

 

Ons sien julle vir die K53 baie binnekort!

 

Vriendelike groete!

 

Onike de Beer

 

Hi Wilmarie,

 

Jy het gevrae dat ons terug voer gee as ons die K53 toets gedoen het.

 

Ek het hom vanoggend 8-uur gedoen en is deur.

Read more...
 
Speed Queen Racing Academy cc
Approved by the FIM
African Motorcycle Union
Email: This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it
Tel: +27 84 443 8053
Fax: +27 86 659 1575